BETER GROEI WAG OP VLEISBEDRYF
Die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf staan op die vooraand van beter vooruitsigte as wat rooivleisprodusente tans ervaar.
Mnr Louw van Reenen, voorsitter van die Beefmaster-groep, sê die bedryf kan beter groei verwag danksy die ontsluiting van nuwe markte. Hy het op die jaarkongres van die RPO Vrystaat in Bloemfontein gesê daar is beter markte in die vooruitsig as wat vroeër beskikbaar was. “Die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf is stadigaan besig om vir hom ‘n naam in die buiteland in klip uit te kerf. Dié markte is in die lande waarmee Suid-Afrika polities sterk bande het, soos die Brics-lande. Daar is goeie markte in die Midde-Ooste en ‘n geringe moontlikheid van markte in Amerika.”
Die vraag is na lammers en keursnitte van beesagterkwarte wat plaaslik in onverkoopte voorraad aangehou word. Tans word die keursnitte van sowat 50 000 tot 70 000 beeste jaarliks uitgevoer. “Die mark wat ons egter kan voorsien, sal die snitte van 250 000 tot 300 000 beeste per jaar laat beloop, wat ‘n wesenlike verbetering van die produsenteprys kan beteken.”
Van Reenen het biosekuriteit en dieresiektes as die grootste uitdaging vir die produsent uitgesonder. “Boere moet die geslote status van hulle kuddes behou om die verspreiding van siektes te beperk. Bek-en-klouseer maak nie die diere dood nie, maar dit is ‘n ekonomiese siekte wat die produsent laat doodbloei.”
Prof Johan Willemse, ‘n onafhanklike landbou-ekonoom, skryf die lae produsentepyse van rooivleis toe aan onder meer die heersende swak plaaslike ekonomie, terwyl die aanbod konstant bly. “Die ekonomie bly verswak en die werkloosheidsyfer bly styg. Die gevolglike vraag in die ekonomie beteken verswakkende produsentepryse soos in die geval van speenkalwers.”
Volgens Willemse is die oplossing ‘n toename in rooivleisuitvoer om die druk in die binnelandse mark te verlig. “Die kern van die oplossing om rooivleis te kan uitvoer, is verskerpte biosekuriteit op plase en ten opsigte van die vervoer van diere.” Hy sê die bekommernis van Oos-Kaapse produsente, waar bek-en-klouseer onlangs uitgebreek het, is die oorsaak van dié siekte wat gewoonlik net in die noordelike provinsies voorkom. “Dit kan voor die deur van spekulante gelê word wat beeste onbeheersd na informele gebiede vervoer.”
Nico Buys en Jan-Hendrik Liebenberg is onderskeidelik as voorsitter en ondervoorsitter van die RPO Vrystaat herkies.
Bron : RPO Vrystaat
BETTER GROWTH AWAITS MEAT INDUSTRY
The South African livestock industry is on the eve of better prospects than red meat producers are currently experiencing.
Mr Louw van Reenen, chairman of the Beefmaster group, says the industry can expect better growth thanks to the opening up of new markets. He said at the annual congress of the Free State RPO in Bloemfontein that there are better markets in the future than were previously available. “The South African red meat industry is slowly carving a name for itself abroad. These markets are in the countries with which South Africa has strong political ties, such as the Brics countries. There are good markets in the Middle East and a slight possibility of America.”
The demand is for lambs and choice cuts of beef hindquarters held locally in unsold stock. Currently, the selection cuts of around 50 000 to 70 000 cattle are carried out annually. “However, the market we can supply will be in the range of 250 000 to 300 000 cattle per year, which could mean a substantial improvement in the producer price.”
Van Reenen singled out biosecurity and animal diseases as the biggest challenges for the producer. “Farmers must maintain the closed status of their herds to limit the spread of diseases. Foot and mouth disease does not kill the animals, but it is an economic disease that makes the producer bleed to death.”
Prof Johan Willemse, an independent agricultural economist, attributes the weak producer prices of red meat to, among other things, the prevailing weak local economy, while the supply remains constant. “The economy continues to weaken and the unemployment rate continues to rise. The resulting demand in the economy means weakening producer prices as in the case of weaner calves.”
According to Willemse, the solution is an increase in red meat exports to relieve the pressure in the domestic market. “The core of the solution to be able to export red meat, is enhanced biosecurity on farms as well as with regard to the transport of animals.” He says the concern of Eastern Cape producers, where foot and mouth disease has recently broken out, is the cause of this disease which usually only occurs in the northern provinces. “This can be laid at the door of speculators who transport cattle uncontrolled to informal areas.”
Nico Buys and Jan-Hendrik Liebenberg were re-elected respectively as chairman and vice-chairman of the Free State RPO.
Source : RPO Free State