HUMAN-FAMILIE TRAP DIEP SPORE IN DORPER-BEDRYF
Johannes Human van Prieska volg in die voetspore van ‘n familieboerdery wat oor die afgelope dekades groot indruk in die Dorper-bedryf gemaak het.
Hul plaas, Hoekplaas, is sedert 1916 in die familie. Johannes is ‘n vyfde geslag boer en is in 2023 as Agri Noord-Kaap se jong veeboer van die jaar aangewys. In 2024 is hy as SA Stamboek se kleinveestoetkuddeboer van die jaar aangewys.
Johannes pas prestasietoetsing ten volle toe in die seleksiekriteria vir die onderskeie stoeterye. Dit ontsluit die Dorper-kudde se genetiese meriete sodat dit dikwels as een van die tien beste kuddes van alle kleinveerasse in Suid-Afrika beskou word. Johannes beoog om die aanwaskoers van sy kommersiële kudde binne die volgende vyf jaar van 120% tot 150% te verhoog.
Die Humans se vermoë om deurlopend goeie ramme te teel, word teen nege ander Dorper-telers in die veldramprojek gemeet. Die lede se ramme van vier tot ses maande oud word in ‘n fase D-toets ekstensief beoordeel waarna slegs die beste ramme opgeveil word.
Johannes se mikpunt is om nie groot winste op veilings te maak nie, maar eerder jaarliks ‘n deurvloei van kopers te hê wat terugkeer omdat hy ‘n goeie produk verskaf. Sy doelwit is om die bedryf oor die lang duur te dien.
Goeie teelramme word twee tot drie jaar lank gebruik. Stoetlammers word op die ouderdom van 80 tot 100 dae gespeen om die bestuur te vergemaklik.
Die Humans neem jaarliks aan drie veilings in die Noord-Kaapse Veldramprojek onder die beskerming van die Dorper-telersgenootskap deel. Die ramme word hoofsaaklik op veilings bemark, benewens die enkele teelramme wat van die plaas af verkoop word. Kommersiële Dorpers word deur agente bemark.
Johannes was deel van die RPO Noord-Kaap se dagbestuurspan in 2023/2024 en het ook as verteenwoordiger by die Predasiebestuursforum opgetree. Die RPO Noord-Kaap is baie trots op die familie se prestasies en sien saam met hulle uit na die toekoms. Baie geluk.
Bron : Landbou.com/7 Junie 2024/SA se beste kleinveekuddeboer
HUMAN FAMILY MAKES BIG IMPACT IN DORPER INDUSTRY
Johannes Human from Prieska follows in the footsteps of a family farm that has made a big impression on the Dorper industry over the past decades.
Their farm, Hoekplaas, has been in the family since 1916. Johannes is a fifth-generation farmer and was named Agri Northern Cape’s young livestock farmer of the year in 2023. In 2024, he was named SA Studbook’s small stud herd farmer of the year.
Johannes fully applies performance testing in the selection criteria for the family’s respective studs. This unlocks the genetic merits of the Dorper herd so that it is often considered one of the ten best herds of all small livestock breeds in South Africa. Johannes intends to increase the growth rate of his commercial herd from 120% to 150% within the next five years.
The Humans’ ability to consistently breed good rams is measured against nine other Dorper breeders in the field ram project. The members’ rams from four to six months old are extensively assessed in a phase D-test after which only the best rams are auctioned.
Johannes’ aim is not to make big profits at auctions, but rather to have an annual flow of buyers who return because he provides a good product. His aim is to serve the industry over the long term.
Good breeding rams are used for two to three years. Steer lambs are weaned at the age of 80 to 100 days to facilitate management.
The Humans participate in three auctions annually in the Northern Cape Field ram Project under the auspices of the Dorper breeders’ association. The rams are mainly marketed at auctions, in addition to the few breeding rams that are sold off the farm. Commercial Dorpers are marketed by agents.
Johannes was part of the RPO Northern Cape’s management team in 2023/2024 and also acted as a representative at the Predation Management Forum. The RPO Northern Cape is very proud of the Human’s achievements and looks forward to the future with them. Congratulations.
Source : Landbou.com/7 Junie 2024/SA se beste kleinveekuddeboer