LAER INNAME VAN VLEIS EN SUIWEL HOU GESONDHEIDSRISIKO IN
Die onafhanklike klimaatsveranderingskomitee se aanbeveling aan verbruikers om hul vleis- en suiwelverbruik teen 2030 met ‘n vyfde te sny om koolstofvrystellings te verminder, sal die risiko loop om die gemiddelde persoon meer skade as goed te doen, het ‘n verslag deur vooraanstaande wetenskaplikes bevind.
‘n Studie deur navorsers aan die Universiteit van Edinburgh, in opdrag van Food Standards Scotland (FSS), het bevind dat “sonder deeglike oorweging van vervanging” die aanbevelings die gevaar loop om reeds bestaande mikrovoedingstoftekorte te vererger, veral wat betref die inname van selenium en sink uit vleis en jodium en kalsium uit suiwelprodukte.
Tekorte aan kalsium, yster, jodium, selenium en sink sal by mans en vroue tussen die ouderdomme van 16 tot 24 vererger, het die verslag bevind.
In sy finale verslag het FSS gesê die modellering het getoon dat met deeglike oorweging en voldoende vervanging die impak van vleis- en suiwelvermindering versag kan word, maar bygevoeg dit is nie bekend hoe individue vleis en suiwel sal vervang nie en “versigtigheid word aangeraai“.
Die resultate van hierdie werk dui nie daarop dat ons ‘n vermindering in suiwelinname in die volwasse bevolking wat in Skotland woon, kan aanbeveel nie, gegewe die gebrek aan bewyse van gesondheidsvoordeel, het die navorsers gesê.
Die onafhanklike klimaatsveranderingskomitee is ‘n onafhanklike, statutêre liggaam wat ingevolge die Wet op Klimaatsverandering 2008 gestig is.
In 2023 het die Skotse regering FSS gevra om na die voorstelle te kyk, wat ‘n vermindering van 20% in die verbruik van alle vleis teen 2030 aanmoedig, wat dan tot 35% teen 2050 moet styg, terwyl 20% minder suiwelprodukte teen 2030 verbruik moet word.
Die huidige advies aan verbruikers is dat hulle nie meer as 70g rooi- en rooi verwerkte vleis per dag eet nie, maar dalende neigings rondom vleisverbruik beteken die gemiddelde inname in Skotland is reeds laer as dié syfers.
Die FSS het egter gesê in die algemeen het die verslag verdere bewyse gevind dat mense in Skotland ‘n swak dieet volg en dit moet verbeter word.
LOWER INTAKE OF MEAT AND DAIRY POSE HEALTH RISK
The independent Climate Change Committee’s (CCC) recommendation for consumers to reduce meat and dairy consumption by a fifth by 2030 in order to reduce carbon emissions, would risk doing the average person more harm than good, a report by leading scientists has found.
A study by researchers at the University of Edinburgh, commissioned by Food Standards Scotland (FSS), found that “without careful consideration of replacement” the recommendations risked exacerbating pre-existing micronutrient insufficiencies, especially for intakes of selenium and zinc from meat and iodine and calcium from dairy.
Insufficiencies in calcium, iron, iodine, selenium, and zinc would worsen in men and women aged 16 to 24, the report found.
In its final report, FSS said the modelling had shown that with careful consideration and adequate replacement, the impact of meat and dairy reductions could be mitigated, but added it was not known how individuals would replace meat and dairy and “caution was advised”.
“The results of this work do not indicate that we can recommend a reduction in dairy intakes in the adult population living in Scotland, given the lack of evidence of health benefit,” it concluded.
The CCC is an independent, statutory body established under the Climate Change Act 2008.
In 2023 the Scottish government asked FSS to look into the proposals, which encourage a 20% reduction in consumption of all meat by 2030, rising to 35% by 2050, and a 20% shift away from dairy products by 2030.
Existing advice for consumers is that they eat no more than 70g of red and red processed meat per day, but falling trends around meat consumption mean average intakes in Scotland are already below this.
However, the FSS said overall the report found further evidence of poor diet in Scotland and additional justification for work to improve dietary intakes in general.