NIEU-SEELAND SKRAP VRYSTELLINGSBELASTING OP VEE NÁ BOERE HUL STEM LAAT HOOR / NEW ZEALAND SCRAPS ‘BURP TAX’ ON LIVESTOCK AFTER BACKLASH
NIEU-SEELAND SKRAP VRYSTELLINGSBELASTING OP VEE NÁ BOERE HUL STEM LAAT HOOR
Nieu-Seeland het planne vir ‘n sogenaamde “burp-belasting” afgeskaf wat daarop gemik is om kweekhuisgasvrystellings van skape en beeste te verlaag.
Die land se sentraal-regse koalisieregering het gesê landbou sal van die land se emissiehandelskema uitgesluit word en dat ander maniere om metaan te verminder ondersoek sal word.
Dié stap, wat ‘n voorverkiesingsbelofte van die voormalige sakeman Christopher Luxon se Nasionale Party nakom, volg nadat die planne om landbouvrystellings vanaf 2025 te belas tot landwye teenstand onder boere gelei het wat bekommerd is oor die uitwerking daarvan op hul lewensbestaan.
“Dit maak nie sin om werk en produksie oorsee te stuur, terwyl minder koolstofdoeltreffende lande die voedsel produseer wat die wêreld nodig het nie,” het Todd McClay, minister van landbou, in ‘n verklaring gesê.
NEW ZEALAND SCRAPS ‘BURP TAX’ ON LIVESTOCK AFTER BACKLASH
New Zealand has scrapped plans for a so-called “burp tax” aimed at lowering greenhouse gas emissions from sheep and cattle.
The country’s centre-right coalition government said it would exclude agriculture from the country’s emissions trading scheme in favour of exploring other ways to reduce methane.
The move, which fulfils a pre-election pledge by former businessman Christopher Luxon’s National Party, comes after the plans to tax agricultural emissions from 2025 led to nationwide protests by farmers worried about the effect on their livelihoods.
“It doesn’t make sense to send jobs and production overseas, while less carbon-efficient countries produce the food the world needs,” Agriculture Minister Todd McClay said in a statement.