Foto: https://healthnews.com/
NOORD-KAAPSE DIEREGESONDHEIDSFORUM LIG BRUCELLOSE TOE
Die Noord-Kaapse Diergesondheidsforum het op 4 Junie in Kimberley vergader onder voorsitterskap van mnr Koning Scholtz.
Mnr Deon Kriel van DALRRD het terugvoer gegee oor die brucellose-projek wat van 2017 tot 2023 in die Koopmansfontein-gebied geloods is. Van die 8 300 diere wat getoets is, het slegs 72% positief getoets. Weens befondsing kan hul egter nie aangaan met die projek in die GHAAP-gebied nie. Hy het gemaan dat landbouers meer streng moet wees rondom die toelating van diere, voertuie en mense op hul plase. Alle landbouers moet streng biosekuriteitsmaatreëls toepas ten einde hul volhoubaarheid te verseker.
Dr Danie Odendaal het die voorstel gemaak dat die Departement dalk eerder net koeie by abattoirs toets wat uitgeslag word. Op hierdie manier word onkostes bespaar en dit is nogsteeds moontlik om dieresiektes te voorkom.
Die betrokkenheid van privaat veeartse is beklemtoon. Weens die groot tekort aan staatsveeartse in die provinsie kan privaat veeartse help met identifisering van siektes sowel as die rapportering daarvan. ‘n Projek gaan geloods word om die metodes van siekterapportering te benadruk. Dr Danie Odendaal het veeartse in die provinsie versoek om siektes aanlyn met behulp van ‘n toepassing te rapporteer. Op dié manier kan ‘n visuele voorstelling van alle siektes en die verspreiding daarvan verkry word, nie net in die provinsie nie, maar ook in die land.
Daar was baie vrae rondom entstof-ontwikkeling, beskikbaarheid en die privatisering van laboratoriums om die proses en beskikbaarheid van entstowwe te bespoedig. Die forum het onderneem om ‘n skrywe aan verskeie nasionale instansies te rig.
Sol Plaatje Munisipaliteit se Brandweerhoof, mnr Sephiri, het die vergadering ingelig oor kommunale plase en die bestuur van die krale ná die aftrede van die skutmeester, mnr Leon Lötter. Daar is tans geen skutte in die Noord-Kaap beskikbaar nie, wat probleme veroorsaak as diere gekonfiskeer word. Mnr Sephiri het die forum egter die verskering gegee dat die knelpunte aandag sal geniet.
Die forum sien daarna uit om die samewerking tussen die staat, privaat sektor en die gemeenskap te versterk en al die rolspelers bewus te maak van hul kardinale rol ten opsigte van dieregesondheid.
Bron : RPO Noord-Kaap
Photo: https://healthnews.com/
NORTHERN CAPE ANIMAL HEALTH FORUM SHEDS LIGHT ON BRUCELLOSIS
The Northern Cape Animal Health Forum met on 4 June in Kimberley under the chairmanship of Mr Koning Scholtz.
Mr Deon Kriel from DALRRD gave feedback on the brucellosis project which was launched from 2017 to 2023 in the Koopmansfontein area. Of the 8 300 animals tested, only 72% tested positive. However, due to funding, they cannot proceed with the project in the GHAAP area. He warned that farmers should be stricter about the admission of animals, vehicles and people on their farms. All farmers must apply stringent bio-security measures in order to ensure their sustainability.
Dr Danie Odendaal made the suggestion that the Department might instead only test cows at abattoirs that are slaughtered. In this way, costs are saved and it is still possible to prevent animal diseases.
The involvement of private veterinarians was emphasised. Due to the large shortage of government veterinarians in the province, private veterinarians can help with identifying diseases as well as reporting them. A project will be launched to emphasise the methods of disease reporting. Dr Odendaal requested veterinarians in the province to report diseases online with the use of an application. In this way, a visual representation of all diseases and their distribution can be obtained, not only for the province, but also for the country.
There were many questions around vaccine development, availability and the privatisation of laboratories to speed up the process and availability. The forum undertook to write to various national institutions.
Sol Plaatje Municipality’s Fire Chief, Mr Sephiri, informed the meeting about communal farms and the management of the pounds after the retirement of the Pound Master, Mr Leon Lötter. There are currently no livestock pounds available in the Northern Cape, which causes problems if animals are confiscated. However, Sephiri assured the forum that the relevant issues would receive attention.
The forum looks forward to strengthening the cooperation between the state, private sector and the community and making all the players aware of their cardinal role in animal health.
Source : RPO Northern Cape