Red Meat Producers Organization

NUUSVRYSTELLING

(vir onmiddellike vrystelling)

RPO EN FEDERASIE VAN PRIMêRE ROOIVLEISPRODUSENTE VERKIES NUWE BESTUUR

Tydens die pasafgelope vergadering van die RPO Uitvoerende Raad, is dr Pieter Prinsloo van die Oos-Kaap verkies tot 1ste Vise-voorsitter van die Nasionale RPO en mnr James Faber van die Noord-Kaap tot 2de Vise-voorsitter.  Mnr Koos van der Ryst was reeds as nuwe Voorsitter verkies tydens die nasionale kongres wat gedurende Augustus 2016 gehou was.

Die RPO Uitvoerende Raad is baie opgewonde oor voorstelle wat aanvaar is om uitvoering te gee aan die RPO se doelwit om die winsgewendheid van primêre produsente te verhoog.  Van die voorstelle, is om te kyk na uitvoermoontlikhede asook die vestiging van ‘n addisionele vrywillige kwaliteitstelsel vir beesvleis wat parallel sal loop met die  huidige  klassifikasiestelsel.  Die rooivleis wat in Suid-Afrika geproduseer word is van hoogstaande gehalte en wil die Organisasie die verbruiker verseker van die hoë kwaliteit, gesonde rooivleis en vleisveiligheid.

Die jaarlikse Federasie vergadering van primêre rooivleisprodusente wat bestaan uit die RPO (kommersiële sektor) en NERPO (opkomende sektor), was ook gehou en tydens die geleentheid is dr Pieter Prinsloo ook verkies tot Voorsitter van die Federasie en pastoor Paradise Mahlangu tot Vise-voorsitter.  Die twee here sal vir ‘n tydperk van 2 jaar in die ampte dien.

– ooOoo –

Navrae

Mnr Gerhard Schutte

Hoofuitvoerende Beampte : RPO

Sel : 082 566 7296