RPO GAUTENG HOU KONGRES / RPO GAUTENG CONVENE FOR CONGRESS
RPO GAUTENG HOU KONGRES
RPO Gauteng se Kongres het op 18 April 2024 in Pretoria plaasgevind met sprekers van hoogstaande gehalte wat opgetree het en waardevolle inligting is met kongresgangers gedeel.
Prof Christine Maritz-Olivier van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe by die Universiteit van Pretoria het gesels oor navorsing wat gedoen word oor bosluise in Suid-Afrika. Wenke is met produsente gedeel om bosluisweerstandigheid te bekamp en dan het sy ook gesels oor nuwe projekte waarmee daar begin is, onder meer om ‘n nuwe entstof te ontwikkel. Wanneer jou dipprogram nie meer so effektief is nie, verander jou plan, was haar raad.
Al ooit in diepte gekyk na die veld op jou plaas? Het jy geweet dat daar tans 965 geïdentifiseerde grasspesies in SA is? Prof Wayne Truter van die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat en Voorsitter van FPLRI Navorsingsinstituut, het genoem dat boere aandag moet skenk aan hul weiding- en voergewasse aangesien dit ‘n baie belangrike komponent in hul veeproduksiestelsel is. Optimale benutting van die veld en korrekte bestuur van die veld sal maksimum-produksie lewer, maar boere moet seker maak dat maksimum-produksie nie ten koste van die veld geskied nie. Hy het ook genoem dat wanneer daar na ‘n plaas se koolstofkrediete gekyk word, daar nie vergeet moet word van die bydrae wat weiding lewer nie.
Dr. Frikkie Maré, HUB van RPO, het in sy boodskap aan boere gesels oor wie jy is en wat jy is. Hy het boere gevra om betrokke te raak, aangesien die RPO deur rooivleisprodusente vir rooivleisprodusente gestig is. Hy het boere aangeraai om seker te maak dat wanneer hulle inligting op sosiale platforms sien, dit van kredietwaardige bronne afkomstig is.
Mnr Willie Clack, ondervoorsitter van die RPO Gauteng, het 2023 se veediefstalstatistiek gedeel. Kongresgangers het gehoor dat Gauteng die hoogste veediefstalsyfer in Suid-Afrika het en hy het boere aangemoedig om veediefstal by die polisie aan te meld.
RPO GAUTENG CONVENE FOR CONGRESS
The congress of RPO Gauteng took place on 18 April 2024 in Pretoria. Speakers of the highest quality performed, while valuable information was shared with congress attendees.
Prof Christine Maritz-Olivier of the Faculty of Nature and Agriculture Sciences at the University of Pretoria talked about research which is being conducted on ticks in South Africa. She shared tips with producers on the prevention of tick resistance and informed the meeting about new projects which has commenced, including the development of a new vaccination. Her advice on farmers was to change their dip programme once it is not effective any longer.
Have you ever closely studied the veld on your farm? Did you know there are currently 965 identified grass species in South Africa? Prof Wayne Truter, Faculty of Nature and Agriculture Sciences at the University of the Free State and Chairman of the FPLRI Research Institute, encouraged farmers to pay attention to their pasture and fodder crops because it is a very important part of their livestock production system. Optimal utilisation and correct management of the field will yield maximum production, but farmers must ensure that maximum production is not achieved at the expense of the veld. He also mentioned that when a farm’s carbon credits are evaluated, the contribution of grazing should not be disregarded.
Dr Frikkie Maré, CEO of the RPO, in his message touched on who and what you are. He requested farmers to get involved, as the RPO has been founded by red meat producers for red meat producers. He advised farmers to ensure that information on social platforms originates from creditable sources.
Mr Willie Clack, Vice-chairman of the RPO Gauteng, shared 2023’s livestock statistics. Congress attendees heard that Gauteng has the highest stock theft numbers in South Africa, and he encouraged farmers to report stock theft cases to the police.