Die Rooivleisprodusente organisasie het met teleurstelling kennisgeneem van die persverklaring van Steve Galane van Departement Landbou, Bosbou en Visserye dat die FMD vrye aansoek van Suid Afrika by die OIE nie toegestaan is nie
Die impak van die nie bek en klou vrye zone area is R4 miljard rand per jaar vir die landbou. Dit is daarom krities noodsaaklik dat als moontlik aangewend sal word om die tekortkominge in die verslag aan te spreek en op te los.
Die onlangse missie van die OIE in Suid Afrika het soortgelyke probleme geidentifiseer en dit is daarom noodsaaklik dat die probleme nou opgelos word . Die parlement kan in die proses ook genader word vir ‘n finansiele bydrae ten einde die probleme aan te spreek aangesien ‘n bek en klouvrye zone status in nasionale belang is.
Die RPO sal sy volle ondersteuning verleen in die verband.