STUDIE GEE ROOIVLEIS DIE GROEN LIG / STUDY GIVES RED MEAT CLEAN BILL OF HEALTH
STUDIE GEE ROOIVLEIS DIE GROEN LIG
’n Nuwe navorsingstudie verwerp die meeste van vorige bewerings wat gemaak is dat ernstige gesondheidstoestande verbind kan word met die verbruik van rooivleis.
Die navorsing, wat die vorige data wat ingesamel is oor studies wat die verbruik van rooivleis ontmoedig het, in besonderhede ontleed het, het tot die gevolgtrekking gekom dat die bevindinge misleidend en misplaas was.
Die navorsing, wat in die Science Day-joernaal gepubliseer is, het bevind dat die gevare verbonde aan die verbruik van rooivleis te minimaal is om tot kommer te lei.
Professor Joseph Haart van die Universiteit van Kalifornië se Skool vir Mediese Studies, sê daar was onteenseglike bewyse dat rooivleis nie skadelik vir mense se gesondheid is nie. En as daar enige gevaar is, is dit te klein om enige vrese te veroorsaak.
Navorsers van die universiteit het gekyk na die impak van die verbruik van rooivleis. “Een van die resensies wat 400 studies ontleed het wat meer as 12 miljoen deelnemers betrek het oor die verband tussen rooivleisinname en sterftes as gevolg van kanker en hartsiektes, is die subtielste bevind,” sê prof Haart.
Hy voeg by dat ‘n ander studie spesifiek na rooivleisverbruik en die verband daarvan met kardio-metaboliese uitkomste gekyk het en ook bevind het dat die verbintenis baie klein is. Nog ‘n studie oor rooi- en verwerkte vleis wat in die Annals of International Medicine gepubliseer is, het geen bewyse gevind wat rooi- en verwerkte vleis met hartsiektes, kanker en jig verbind nie. “Dit regverdig nie dat mense ophou om rooivleis te eet nie,” aldus prof Haart.
STUDY GIVES RED MEAT CLEAN BILL OF HEALTH
A new research study dismisses most of the previous claims of crippling health conditions associated with the consumption of red meat.
The research, that analysed in detail the previous data collected on studies that discouraged the consumption of red meat, concluded that the findings were misguided and misplaced.
The research, which was published in Science Day journal, found that the dangers linked to the consumption of red meat are too minimal and should therefore, not cause any worry.
Professor Joseph Haart from the University of California’s School of Medical Studies, says there was solid evidence that red meat is not harmful to people’s health. And, if there is any danger, then it is too small to cause any alarm.
Researchers from the university looked into the impact of the consumption of red meat. “One of the reviews that analysed 400 studies involving more than 12 million participants on the relationship between red meat intake and the mortality as a result of cancer and heart diseases was found to be most subtle,” says Prof Haart.
He adds that another study looked specifically at red meat consumption and its relationship to cardio-metabolic outcomes and once again found that the link is very small. Another study on red and processed meat published in the Annals of International Medicine did not find any evidence linking red and processed meat to cardiac diseases, cancer and gout. “This does not warrant one to quit red meat,” advises Prof Haart.