BEK-EN-KLOUSEER SITUASIE

Die bek-en-klouseer uitbreking kom in ‘n tydperk waar die bedryf onder ’n landswye droogte gebuk gaan.  Voer- en mieliepryse het die hoogte ingeskiet en die koopkrag van die verbruiker is onder druk.  Dit is te midde van ‘n kuddeboufase ná die droogte van 2016.  Al dié faktore plaas baie druk op die kontantvloei en finansiële oorlewing van produsente.  Alles verteenwoordig ‘n uitdaging vir die missie van die RPO wat daarop geskoei is om vir die produsent ‘n mededingende en volhoubare rooivleisbedryf te fasiliteer.  Lees meer…