DIE JONGSTE DIERESIEKTES / LATEST LIVESTOCK DISEASES
DIE JONGSTE DIERESIEKTES
Die getalle van bosluise en steekvlieë het toegeneem weens hoër temperature en humiditeit, volgens die jongste verslag van neigings in lewendehawesiektes soos wat informeel aangemeld word deur veeartse wat aan die Herkouer Veterinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA) behoort.
Gevolglik het die voorkoms van bosluis- en insek-oordraagbare siektes soos Afrika Rooiwater (sewe provinsies) en Asiatiese Rooiwater (agt provinsies), Hartwater (ses provinsies) en Anaplasmose (nege provinsies) toegeneem.
Interne parasiete, wat verliese en mortaliteite by produksiediere veroorsaak, is in die meeste gebiede aangemeld waar goeie reënval tydens die vorige maande voorgekom het. Draadwurmbesmettings (nege provinsies), wat weerstandig is teen die meeste anthelmintiese groepe het tot groot verliese onder kleinvee gelei.
Insek-oordraagbare siektes soos Knopvelsiekte (agt provinsies), Drie-dae-stywe-siekte (nege provinsies) en Bloutong (nege provinsies) is ook aangeteken.
Verslae van bultoetse is ontvang en Trichomoniase (ses provinsies) en Vibriose is steeds ‘n groot probleem, aangesien dit tot lae bevrugtingsyfers lei. Biosekuriteitmaatreëls moet ten alle tye onderhou word.
Bek-en-klouseer, Beesbrucellose (vyf provinsies), Trichomoniase (ses provinsies), Kriptosporidiose (ses provinsies) en Snotsiekte (vyf provinsies), is sommige van die siektes waarvan boere altyd bewus moet wees.
Boere behoort gereeld met hul veearts te vergader om hule bestuursprogramme in terme van inentings, teling, biosekuriteit en voeding op te dateer.
Bron : RuVASA
LATEST LIVESTOCK DISEASES
Tick and biting fly numbers increased due to increased temperatures and humidity, according to the latest report of the monthly report on livestock disease trends as informally reported by veterinarians belonging to the Ruminant Veterinary Association of South Africa (RuVASA).
As a result, the occurrence of tick and insect transmitted diseases such as African Red Water (seven provinces) and Asiatic Red Water (eight provinces), Heartwater (six provinces) and Anaplasmosis (nine provinces) increased.
Internal parasites, causing production losses and mortalities to production animals, were reported from most areas where good rainfall occurred in previous months. Wireworm infestations (nine provinces), resistant to most anthelmintic groups, caused great losses to small stock.
Insect transmitted diseases such as Lumpy Skin Disease (eight provinces), Three Day Stiff Sickness (nine provinces), and Blue Tongue (nine provinces) were reported.
Bull testing reports were received and Trichomoniasis (six provinces) and Vibriosis are still a huge problem, leading to poor conception rates. Biosecurity measures should be kept in place at all times.
Foot and Mouth Disease, Bovine Brucellosis (five provinces), Trichomoniasis (six provinces), Cryptosporidiosis (six provinces) and BMC (Snotsiekte) (five provinces) are some of the diseases that farmers should constantly be aware of.
Farmers should regularly sit down with their herd veterinarian to update management programmes in terms of vaccinations, breeding, biosecurity and nutrition.
Source : RuVASA