GEMENGDE RESULTATE VIR NAMIBIESE VEEBEDRYF / MIXED RESULTS FOR NAMIBIAN LIVESTOCK INDUSTRY
GEMENGDE RESULTATE VIR NAMIBIESE VEEBEDRYF
Die Namibiese vee- en vleisbedryf het jaar-op-jaar gemengde resultate gedurende Julie 2024 aangeteken.
Die bees-, skaap- en varksektor het ‘n toename in bemarkingsaktiwiteite getoon, terwyl die boksektor ‘n afname in bemarkingsaktiwiteite aangeteken het. Die n-VCF- en s-VCF-tol- en speenkalfprodusentepryse het gedurende Julie 2024 vanaf die Junie 2024-vlakke verswak.
Beessektor
Beesbemarking het gedurende Julie met 25.2% toegeneem, met 37 750 beeste wat gedurende die maand bemark is. Dit bring die jaar-tot-datum totaal vir 2024 op 243 431 te staan in vergelyking met 171 838 beeste wat gedurende dieselfde tydperk in 2023 bemark is. Lewendige beeste-uitvoere het met 23,4% verbeter en 19 218 eenhede aangeteken, wat hoofsaaklik weens droogtetoestande uitgevoer is.
Op ‘n jaargrondslag was die sVCF-speenkalfprodusenteprys gemiddeld N$24,89/kg, 5,8% laer as die 2023-vlak van 26,42/kg, terwyl die nVCF-tolprodusenteprys gemiddeld N$20,20/kg was, N$2,16/kg laer as die Julie 2023-vlak van N$22,36/kg.
Die speenkalf/B2-verhouding was gemiddeld 41.3% gedurende die tydperk onder oorsig. Die lae verhouding onder die 64.0% maatstaf verteenwoordig relatief stabiele produsentekarkaspryse wat deur abattoirs betaal word. Boonop is ‘n gesonde speenkalf/B2-verhouding is van kardinale belang vir die vermindering van die markaandeel van lewendige speenkalfuitvoere in verhouding tot plaaslike slagting en dit word verkry deur ‘n voortdurende verhoging in produsentekarkaspryse gegewe ‘n sekere vlak van speenkalfpryse.
Op die vleishandelfront het beesvleisuitvoere altesaam 3 435 856 kg beloop, wat gedurende Julie 2024 met 74.1% gegroei het. Dit bring jaar-tot-datum beesvleisuitvoere na verskeie bestemmings op 14 403 947 kg te staan, 70,8% hoër as die 2023-vlak. Gedurende Julie 2024 het die EU meer as twee derdes (67.5%) van die totale beesvleisuitvoer opgeneem terwyl Suid-Afrika 27.1% opgeneem het. Die oorblywende 5,4%-aandeel het onderskeidelik na Noorweë, die Verenigde Koninkryk, China en Ghana gegaan. Aan die ander kant het die jaar-tot-datum beesvleisinvoere met 39,3% afgeneem, wat dui op verbeterde beskikbaarheid van plaaslik geproduseerde afval.
Skaapsektor
Die skaapsektor het gedurende die oorsigtydperk verbeterde bemarkingsyfers aangeteken. Altesaam 82 401 skape is gedurende Julie 2024 bemark, 3,1% hoër as die 79 957 skape wat gedurende 2023 bemark is. Die jaar-tot-datum bemarkingstotaal het teen die einde van Julie 2024 op 597 337 gestaan. Slagaktiwiteite by beide uitvoergoedgekeurde en plaaslike abattoirs het gedurende Julie 2024 gedaal met onderskeidelik 25.0% en 36.8%.
Lamprodusentepryse het gedurende Julie 2024 herstel en was gemiddeld N$33,89/kg in vergelyking met N$32,14/kg wat produsente in die vergelykbare tydperk van 2023 ontvang het. Die A2 gemiddelde karkasprodusenteprys het op N$73,09/kg te staan gekom.
Jaar-tot-datum uitvoer van lam- en skaapvleis het met 28,2% gedaal weens swak slagaktiwiteite. Op ‘n jaargrondslag het lam- en skaapvleisuitvoere gedurende Julie 2024 met 53,2% gedaal vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar.
Die laer deurset wat by abattoirs aangeteken is, het gelei tot ‘n daling in lam- en skaapvleisuitvoer met slegs 81 599 kg wat na Suid-Afrika uitgevoer is. Ten spyte van die feit dat Namibië, Botswana en Eswatini ‘n Noorse kwota van 400 ton deel, was daar tot dusver geen uitvoere na Noorweë deur Namibiese abattoirs nie. Skaapvleisinvoere, hoofsaaklik in die vorm van skaapderms, het gedurende Julie 2024 toegeneem.
MIXED RESULTS FOR NAMIBIAN LIVESTOCK INDUSTRY
Year-on-year, the Namibian livestock and meat industry registered mixed results during July 2024.
The cattle, sheep and pig sectors recorded an increase in marketing activities whereas the goats sector recorded a drop in marketing activities. The n-VCF and s-VCF tolly and weaner producer prices weakened during July 2024 from the June 2024 levels.
Cattle sector
Cattle marketing during July increased by 25.2% with 37 750 cattle marketed during the month. This brings the year-to-date total to 243 431 in 2024 relative to 171 838 cattle marketed during the same period in 2023. Live cattle exports improved by 23.4%, recording 19 218 heads exported mainly due to drought conditions.
Year-on-year, sVCF Weaner producer price averaged N$24.89/kg, 5.8% lower than the 2023 level of 26.42/kg whereas the nVCF tolly producer price averaged N$20.20/kg, N$2.16/kg lower than the July 2023 level of N$22.36/kg.
The weaner/B2 ratio averaged 41.3% during the period under review. The low ratio below the 64.0% benchmark represents relatively stable producer carcass prices paid by abattoirs. Additionally, a healthy weaner/B2 ratio is crucial for reducing the market share of live weaner exports in relation to local slaughtering and is obtained by a continuous increase in producer carcass prices given a certain level of weaner prices.
On the meat trading front, beef exports totalled 3 435 856 kg, growing by 74.1% during July 2024.This brings year-to-date beef exports to various destinations to 14 403 947 kg, 70.8% higher than the 2023 level. During July 2024, the EU took up more than two thirds (67.5%) of total beef exports while South Africa took up 27.1%. The remaining 5.4% share went to Norway, UK, China and Ghana, respectively. On the other hand, year-to-date beef imports are down by 39.3%, pointing to improved availability of locally produced offal.
Sheep sector
The sheep sector recorded improved marketing numbers during the period under review. A total of 82 401 sheep were marketed during July 2024, 3.1% higher than the 79 957 sheep marketed during 2023. The year-to-date marketing total stood at 597 337 by the end of July 2024. Slaughtering activities at both export approved and local abattoirs dropped during July 2024, recording declines of 25.0% and 36.8%, respectively.
Lamb producer prices recovered during July 2024 and averaged N$33.89/kg in comparison to N$32.14/kg received by producers in the comparable period of 2023.The sheep All-grade carcass producer price averaged N$50.06/kg during the period under review, while the A2 average carcass producer price came in at N$73.09/kg.
Year-to-date export of lamb and mutton fell by 28.2% due to poor slaughter activity. Year-on-year, lamb and mutton exports declined by 53.2% during July 2024 compared to the same period last year.
The reduced throughput recorded at abattoirs resulted in a drop of lamb and mutton exports with only 81 599kg being exported to South Africa. Despite the fact that Namibia, Botswana and Eswatini share a 400 tons Norwegian quota, there has been no exports made to Norway by Namibian abattoirs thus far. Mutton imports primarily in the form of sheep casings increased during July 2024.