GROOTSTE CT-SKANDEERDER VIR VEEARTSENYKUNDIGE GEBRUIK ONTHUL

GROOTSTE CT-SKANDEERDER VIR VEEARTSENYKUNDIGE GEBRUIK ONTHUL

GROOTSTE CT-SKANDEERDER VIR VEEARTSENYKUNDIGE GEBRUIK ONTHUL

Suid-Afrika se veeartsenykundige wetenskap het ‘n aansienlike mylpaal bereik met die bekendstelling van die land se grootste CT-skandeerder by die veterinêre akademiese hospitaal van die Universiteit van Pretoria, ‘n ontwikkeling wat diagnostiek en navorsing op groot diere dramaties anders kan laat lyk.

Dié tegnologiese vooruitgang, wat deur ‘n donasie van R13 miljoen gefinansier is, maak dit moontlik om ongekende beelde van diere so groot soos leeus en buffels te bekom, en bied ‘n nuwe horison sover dit veaartsenykundige behandeling betref.

Die bekendstelling van die CT-skandeerder verteenwoordig ‘n sprong in veeartsenykundige diagnostiek.

Volgens dr Nicolene Hoepner, ‘n veterinêre radioloog by die veterinêre akademiese hospitaal, maak dié toerusting dit nie net moontlik om die vlak van pasiëntesorg te verhoog nie, maar dit baan ook die weg vir innoverende navorsingsgeleenthede.

Die vermoë om gedetailleerde skanderings van diere se bene, koppe en nekke uit te voer, maak dit moontlik om meer akkurate diagnoses te maak, meer pasgemaakte behandelings uit te voer, en hou ook potensiaal in vir baanbrekerstudies in dieregesondheid.

Bron : https://bnnbreaking.com/world/south-africa/revolutionizing-animal-care-south-africas-largest-ct-scanner-for-veterinary-use-unveiled