MONITORPLASE SPEEL GROOT ROL IN PREDASIEBESTUUR
In Suid-Afrika is die totale grondgebruik van kommersiële landbou ongeveer 46,4 miljoen hektaar, wat 37,9% van die totale grondoppervlakte van ons land beslaan.
’n Oppervlakte van 136 214 hektaar (27 plase) van die 46,4 miljoen hektaar is spesifiek geïdentifiseer om die evaluering en toetsing van predasiemetodes te verteenwoordig. Die doel is om aanpasbare bestuurstrategieë te identifiseer, wat volhoubaar en werkbaar vir die unieke Suid-Afrikaanse boerderytoestande is.
Die monitorplase verteenwoordig gebiede met verskillende reënval, plantegroei en ekosisteme. Dit vorm ’n wye verteenwoordigende platform vir die inisiëring en eksperimentering met volhoubare bestuurstrategieë vir die vee- sowel as die wildbedryf.
- Noordkaap (6 plase – 48 233 ha): Sutherland, Fraserburg, Loxton, Victoria-Wes, Britstown en Noupoort.
- Vrystaat (6 plase – 20 143 ha): Philippolis, Wepener, Trompsburg, Senekal en Vrede
- Mpumalanga (3 plase – 7 013 ha): Amersfoort, Ermelo en Carolina.
- KwaZulu-Natal (3 plase – 15 600 ha): Underberg, Utrecht en Luneburg.
- Oos-Kaap (6 plase – 31 782 ha): Jansenville, Aberdeen, Hofmeyr, Bedford, Maclear en Dordrecht.
- Wes-Kaap (3 plase – 13 443 ha): Struisbaai, Gouritsmond en Beaufort-Wes.
Bron : PMSA