NAKOP GRENSPOS ERVAAR UITDAGINGS / NAKOP BORDER POST PRESENTS CHALLENGES
NAKOP GRENSPOS ERVAAR UITDAGINGS
Die Nakop Grenspos ervaar tans uitdagings weens ‘n tekort aan personeel by die Departement van Landbou. Sedert 1 Mei 2024 is daar sekere ure wanneer geen beamptes beskikbaar is nie en dit het ‘n uitwerking op vee by die grens.
Volgens Nazareth Appalsamy, bestuurder van die Plaasdiereenheid van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (DBV), is verskeie trokke met vee reeds vir etlike ure opgehou en dit het daartoe gelei dat die DBV oorval is met klagtes.
Gegewe dié omstandighede het die DBV boere en belangegroepe dringend versoek om nou saam te werk met die Nakop Grenspos sodat die beskikbaarheid van personeel gekoördineer kan word. Dié samewerking is van kritieke belang om die welstand van vee te verseker en lang wagperiodes by die grenspos tot die minimum te beperk. Doeltreffende kommunikasie tussen alle betrokkenes sal help om aksies gladder te laat verloop en moontlike oponthoude te versag.
Die Departement van Landbou by die Nakop Grenspos kan gekontak word by: 076 481 4672 of 072 591 1405.
Bron : NSPCA
NAKOP BORDER POST PRESENTS CHALLENGES
The Nakop Border Post is currently experiencing challenges due to staff shortages in the Department of Agriculture. Since 1 May 2024, there has been certain hours when no officials are available, and this has an effect on the livestock at the border.
According to Nazareth Appalsamy, Manager of the Farm Animal Unit of the NSPCA, several livestock trucks have already been delayed for several hours – resulting in the NSPCA being inundated with complaints.
Given these circumstances, the NSPCA urgently request farmers and stakeholders to collaborate closely with Nakop Border Post to coordinate staff availability. This coordination is crucial to ensuring the welfare of livestock and minimising long waiting periods at the border post. Effective communication between all parties involved will facilitate smoother operations and help mitigate potential delays.
For any inquiries or assistance, please contact the Agricultural Department at Nakop Border Post at the following numbers: 076 481 4672 or 072 591 1405.
Source : NSPCA