Red Meat Producers Organization

Die nuut-gestigte rooivleiskommoditeitsvereniging, die Nasionale Lewendehawe-boerevereniging van Suid-Afrika (NaLFA-SA), het ‘n beroep gedoen vir betekenisvolle transformasie in die plaaslike rooivleisbedryf wat deur sy lede gerig word.

Dié wekroep is gemaak deur Aggrey Mahanjana, voorsitter van die Nasionale Opkomende Rooivleisprodusente-organisasie (NERPO), toe hy NaLFA-SA tydens ‘n onlangse seremonie bekendgestel het.

NaLFA-SA is deur 19 distrik-gebaseerde verenigings regoor die land geloods en die proses van hermobilisering word voortgesit om al 42 landbou-gebaseerde distrikte in te sluit. Die stigtingsverandering en die proses om ‘n nuwe handelsmerk te vestig, behels ‘n nuwe mandaat om ware en betekenisvolle transformasie binne die hele waardeketting van die rooivleisbedryf te fasiliteer. Dit behels dat swart veeboere in Suid-Afrika sal hermobiliseer en toegang tot plaaslike, nasionale en internasionale markte sal bekom.

Volgens NaLFA-SA se nuwe mandaat sal dit pro-aktief optree, veral wat betref die lobby-proses met die regering vir wetgewing en beleidsveranderinge wat betekenisvolle transformasie sal ondersteun by wyse van die deelname van swart individue aan die totale waardeketting van die rooivleisbedryf. Hulle sal self dié transformasie dryf.

Brenda Maaronganye van die Sedibeng-distrik-munisipaliteit in Gauteng is as die eerste nasionale voorsitter van NaLFA-SA aangewys. Sy het verskeie aspekte uitgelig wat NaLFA-SA as ‘n prioriteit vir lobbying en voorspraak sal hanteer:

  1. Implementasie van die aangepaste plan vir die sektor.
  2. Grondeienaarskap – ‘n duidelike beleidsrigtig vir die verkoop van grond aan huurders.
  3. Toegang tot bekostigbare finansiering en toegang tot ‘n transformasie-heffing vir die bou van kapasiteit.
  4. Eienaarskap van die rooivleiswaardektting op alle vlakke (nie net primêre produksie nie).
  5. Ontwikkeling en eienaarskap van die bokwaardeketting.
  6. Genetiese verbetering en ondersteuning met teling.
  7. Naspeurbaarheid en marktoegang (plaaslik en internasionaal) – die verwydering van hindernisse en uitbuitende markstelsels.
  8. Toegang tot water – waterregte.
  9. Landelike infrastruktuur-ontwikkeling – swak paaie en toegang.
  10. Infrastruktuur van plase en toerusting – hanteringsgeriewe en diptenks.
  11. Bestuur van dieresiektes soos bek-en-klouseer en die beheer van brucellose.
  12. Plaasveiligheid – die voorkoms van wetteloosheid en veediefstal is ongehoord.
  13. Ontwikkeling van kennis en vaardighede (opvoeding, opleiding en mentorskap).
  14. Bemagtiging van vroue en die jeug om besighede te besit.

Die voorsitter het Mahanjana amptelik as ere-lewenslange amptenaar van NaLFA-SA aangewys in erkenning van sy werk as stigter en voorsitter van NERPO.

Bron : NaLFA-SA