Nasionale RPO hou Konferensie en Kongres

NUUSVRYSTELLING

Die 26ste Konferensie en Kongres van die Nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) word vanjaar gehou op 16 en 17 Augustus 2016 by die Khaya Ibhubesi Konferensiesentrum in Parys, Vrystaat Provinsie.

Tydens die konferensie gaan die volgende gassprekers optree, naamlik mnr JP Landman met die tema “Uitdagings wat die landbousektor kan oorkom binne die makro-ekonomiese omgewing”; mnr Ernst Janovsky gaan ‘n ekonomiese oorsig lewer; dr Mike Modisane, President van die OIE gaan praat oor Suid-Afrika se dieregesondheidstatus binne die riglyne van die OIE; mnr Chris Sturgess van die JSE gaan ‘n inset lewer oor “Termynmarkte in die Rooivleisbedryf”; en mnr Alex Cilliers gaan ‘n voorlegging lewer oor die volhoubaarheid in die skaap-waardeketting. Die RPO gaan weer eens hierdie jaar waarde toevoeg tot sy lede met mnr Hein Wagner wat as motiveringspreker gaan optree. Die dames sal ook getrakteer word met ‘n baie spesiale damesprogram.

Tydens die kongres gaan belangrike en aktuele sake bespreek word en dit sluit in die Rooivleisbedryfsforum, ‘n ondersoek na ‘n addisionele kwaliteitsisteem vir beesvleis, uitvoere, die droogte situasie in Suid-Afrika en ‘n vee-sensus vir Suid-Afrika.

Dié geleentheid bied aan primêre rooivleisprodusente die geleentheid om op ‘n interaktiewe en sosiale grondslag belangrike en aktuele sake in die rooivleisbedryf aan te spreek.

– ooo O ooo –
10 Augustus 2016

NAVRAE
Mnr Gerhard Schutte
Hoofuitvoerende Beampte
Sel : 082 556 7296