Nasionale RPO verkies nuwe Vise-Voorsitters
Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie het tydens sy Uitvoerende Raadsvergadering wat vandeesweek in Bloemfontein gehou was, twee nuwe Vise-voorsitters, aangewys.
Mnr James Faber van die Noord-Kaap, wat die tweede Vise-voorsitter was, is nou eerste Vise-voorsitter in die plek van Dr Pieter Prinsloo, wat nie beskikbaar was vir herverkiesing nie. Mnr Willie Clack van Gauteng is as tweede Vise-voorsitter van die organisasie verkies. Lees meer …