Lede van Vrystaat Landbou (VL) het ‘n projek geloods wat dit makliker maak om bek-en-klouseer in diere op te spoor.
Dit volg ná die bek-en-klouseer-uitbreking in 2022, wat aansienlike finansiële gevolge vir die provinsie se vee-waardeketting gehad het.
Volgens Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou, het hul ondersoek ‘n wye verskeidenheid oplossings ingesluit, insluitende bestaande veebestuur-sagteware, mikroskyfies, geo-gebaseerde en IoT-slim gekoppelde stelsels.
Die AIMS (Animal identification and movement system), wat reeds deur Agri Oos-Kaap gebruik word, is gekies om vir die Vrystaat opgestel te word.
Tydens ‘n onlangse vergadering waar VL die Bethlehem Distrik Boere-unie toegespreek het, het VL die regstreekse webwerf vir FS-AIMS bekendgestel.
Die Vrystaat en Oos-Kaap het ‘n samewerkingsooreenkoms om AIMS in die toekoms verder te ontwikkel.
Die ICAR-goedgekeurde etikette voorsien verder unieke identifikasie van ‘n dier en sal aanvaarbaar wees vir plaas-tot-slag naspeurbaarheid.
Bron : Vrystaat Landbou