PRODUSENTEPRYSE VIR BEES- EN SKAAPVLEIS DAAL

PRODUSENTEPRYSE VIR BEES- EN SKAAPVLEIS DAAL

Die produsentepryse van lamvleis is tans 15.3 % laer as ‘n jaar gelede en staan op R68.86 (plus BTW) per kilogram vir klas A-lamvleis. Produsentepryse van beesvleis is 0.5 % laer op R45.97 (plus BTW) per kilogram vir klas A-beesvleis.
Dit is uiters goeie nuus vir verbruikers aangesien lam-, skaap- en beesvleispryse in die periode gedaal het. Dit is in kontras met wat gebeur het met voedselinflasie die afgelope jaar. Brood- en graanprodukte se pryse het byvoorbeeld met 8.6 % gestyg, vis met 7.5 % en vrugte en groente met 4.3 %.