RMIS WERK SAAM MET GS1 / RMIS COLLABORATES WITH GS1
RMIS WERK SAAM MET GS1
Rooivleisbedryfsdienste (RMIS) het ‘n vennootskap met GS1 Suid-Afrika, ‘n lid van GS1 internasionaal, gesluit in wat gesien word as ‘n betekenisvolle stap vorentoe om naspeurbaarheid in die lewendehawesektor in Suid-Afrika te vestig.
GS1 is ‘n nie-winsgewende inligtingstandaarde-organisasie wat bedryfsamewerking fasiliteer ten einde die sigbaarheid en doeltreffendheid van die voorsieningsketting te verbeter met behulp van die gebruik van GS1-standaarde. Dié samewerking sal die bestuur van die voorsieningsketting sowel as bedryfstandaarde verbeter.
Volgens Michele Francis Padayachee, hoof van GS1 Suid-Afrika, is die organisasie opgewonde om met RMIS saam te werk sodat hul naspeurbaarheid-vermoëns verbeter kan word met die gebruik van GLN (Global location numbers), wat krities is om die robuustheid van die voorsieningsketting te verseker en dit moontlik maak om vinnig te reageer op uitdagings soos die uitbrekings van dieresiektes deur naspeurbaarheid van die besmette diere spoedig te aktiveer. Dit sal uiteindelik tot verbeterde verbruikergesondheid en -veiligheid lei.
Die kern van naspeurbaarheid is die vermoë om die verskillende liggings wat integraal tot die beweging van lewendehawe is, te identifiseer, te nommer en op ‘n kaart te plaas. Die formele samewerking tussen RMIS en GS1, ondersteun deur die Raad vir Verbruikersgoedere, fasiliteer dié noodsaaklike proses deur Globale Liggingsnommers (GLNs) regoor die land uit te reik. Die liggings sluit plase, veilingskrale, voerkrale en abatoirs in om ‘n omvattende netwerk te vorm wat noodsaaklik is vir naspeurbaarheidvereistes.
Die uitreiking van ‘n unieke GLN aan elke ligging verseker dat verwysings presies en konsekwent is. Die nommers is ontwerp om noodsaaklike inligting soos GPS-koördinate te enkodeer, sodat naspeurbaarheid vergemaklik word. Verder word GLNs deur rekordhoudingstelsels, regeringsliggame, die handel- en uitvoersektore erken, wat verseker dat daar wydverspreide verenigbaarheid en bruikbaarheid in plek is.
RMIS COLLABORATES WITH GS1
In a significant move towards establishing livestock traceability in South Africa, Red Meat Industry Services (RMIS) has partnered with GS1 South Africa, a member of GS1 global.
GS1 is a non-profit information standards organisation that facilitates industry collaboration to help improve supply chain visibility and efficiency using GS1 Standards. This collaboration will enhance supply chain management and industry standards.
“GS1 is excited to collaborate with the Red Meat Industry Services to enhance their traceability capabilities using GLN which is crucial to ensure the robustness of its supply chain and enable them to quickly respond to challenges such as outbreaks of livestock borne diseases by swiftly activating traceability of the affected animals. Ultimately this enhances consumer health and safety,” says Michele Francis Padayachee, GS1 South Africa Executive.
At the core of livestock traceability lies the ability to accurately identify, number, and map the various locations integral to the movement of livestock. RMIS’ collaboration with GS1 South Africa, which is supported by the Consumer Goods Council of South Africa, will facilitate this crucial process by issuing Global Location Numbers (GLNs) to locations across the country. These locations include farms, auction houses, feedlots and abattoirs, forming a comprehensive network essential for traceability measures.
The issuance of a unique GLN to each location ensures precision and consistency in referencing. These numbers are designed to encode vital information such as GPS coordinates, facilitating seamless traceability. Moreover, GLNs are recognised by recordkeeping systems, governmental bodies, and retail and export sectors, ensuring widespread compatibility and utility.