Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) deel die verbruiker se kommer oor die uitbreking van Listeriose, waarvan die bron pas deur die Departement van Gesondheid geïdentifiseer is.
Die RPO is tevrede dat die totale rooivleisbedryf ‘n baie verantwoordelike benadering volg sover dit die veiligheid van rooivleis en –produkte betref. Die onafhanklike vleisinspeksiedienste lewer veral ‘n groot bydrae tot die voorkoming van siektes soos Listeria. Selfregulering is ‘n baie belangrike aspek van enige landboubedryf en die rooivleisbedryf is daarvoor bekend dat hy selfregulering toepas en nie net op die Staat steun om noodsaaklike dienste te lewer nie.
Lees meer …