RPO NOORD-KAAP FOKUS OP KNELPUNTE IN VEEDIEFSTALVOORKOMING
Die RPO Noord-Kaap het op 10 Julie 2024 in samewerking met die SAPD se veediefstaleenheid in Kimberley asook ander opkomende landbouverenigings vergader om die knelpunte in die streek en veral in die informele sektor te bespreek, met Joe Scholtz as voorsitter.
Die boereverenigings wat deel van die gesprek gevorm het, was Pescodia Boerevereniging, Saamstaan Saamtrek en NaLFA-SA.
Verskeie kwessies is bespreek, insluitende die gebrek aan grensdrade in kommunale gebiede en die SAPD se patrollering van dié gebiede. Ongedokumenteerde immigrante wat van ander distrikte na die Kimberley-omgewing gevlug het om vervolging te vermy, het tot toenemende gevalle van diefstal gelei. Min word tans gedoen om die ongedokumenteerde immigrante in die gebied vas te trek. Onwettige delwers in die gebiede dien verder as informante rondom bewegings op plase en hierdie probleem moet ook aangespreek word.
Die SAPD het ook kommer uitgespreek oor die identifisering van die kommunale eiendomme, waarna die voorsitters van die boereverenigings voorgestel het dat die liggings daarvan met die SAPD gedeel word om hul taak te vergemaklik en te verseker dat boere spoedige diens ontvang wanneer ‘n voorval plaasvind.
Veediefstalsake wat aangegee en dan tydelik gesluit word, was ook ’n kwessie wat bespreek is. Die feit dat veediefstalsake nie vervolg word nie, maak die gemeenskap moedeloos. Boereverenigings moet die saaknommers aan die RPO Noord-Kaap se kantoor deurgee sodat dit met die betrokke partye opgevolg kan word ten einde vas te stel hoekom daar vertragings in die ondersoek is, asook die rede waarom sekere sake uit die hof gegooi word.
Die RPO Noord-Kaap is verheug oor die vordering binne die forum en die feit dat meer opkomende boere by die forum betrokke raak en aktief deelneem.
RPO NORTHERN CAPE FOCUS ON BOTTLENECKS IN STOCK THEFT PREVENTION
The RPO Northern Cape Stock Theft Prevention Forum met on 10 July 2024 in collaboration with SAPS stock theft unit in Kimberley as well as other emerging agricultural associations to discuss the bottlenecks in the region and particularly in the informal sector under the chairmanship of Mr Joe Scholtz.
The farmers’ associations that formed part of the discussion were Pescodia Farmers’ Association, Saamstaan Saamtrek and NaLFA-SA.
Various issues were discussed, including the shortcoming of fencing in communal areas and patrolling of SAPS in these area plots. Undocumented immigrants fleeing from other districts to the Kimberley area to avoid prosecution led to increased cases of theft. Little work is currently being done to apprehend the undocumented immigrants in the area. Illegal diggers in the areas serve as informants around movements on farms and this problem also needs to be addressed.
SAPS also expressed concern about the identification of the plots and a solution was found by the chairpersons of the farmers’ associations to share the “pin locations” of these plots with SAPS to facilitate their task and ensure that they receive speedy service should an incident occur.
Stock theft cases being handed down and then temporarily closed was also an issue that was discussed. The fact that stock theft cases are not prosecuted make the community discouraged. Farmers’ associations need to pass on the case numbers to the RPO Northern Cape office so that it can be followed up with the relevant parties in order to determine why there are delays in the investigation as well as the reason for certain cases thrown out of court.
The RPO Northern Cape are delighted to see the progress of this forum growing and the fact that increasingly emerging farmers are getting involved in the forum and actively participating.