RPO POSISIONEER OM DIE BELANG VAN DIE PRODUSENT TE VERTEENWOORDIG
RPO POSISIONEER OM DIE BELANG VAN DIE PRODUSENT TE VERTEENWOORDIG IN ‘N VOLHOUBARE ROOIVLEISBEDRYF OM VOEDSELSEKURITEIT IN SUID-AFRIKA TE BEVORDER
Die volhoubaarheid van die rooivleisbedryf in Suid-Afrika word bedreig as die regte ondersteuning met dieregesondheid op die plaas nie bewerkstellig word nie.
“Benewens wisselvallige marktoestande en die belangrikheid van bestendige markkanale, is dieregesondheid een van die kritiese drywers vir Suid-Afrikaanse veeboere om voort te gaan om kwaliteit rooivleis aan die mark te lewer,” sê mnr Koos van der Ryst, nasionale Voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO).
Toegewyde fokus moet ook geplaas word om toetreders tot die rooivleisbedryf te bemagtig met die nodige opleiding en ondersteuning om produksie volhoubaar en mededingend te maak, ten einde beskikbaarheid van ‘n hoë-gehalte produk te verhoog.