NUUSVRYSTELLING
(vir onmiddellike vrystelling)
RPO verwelkom spoedige optrede oor
Braziliaanse vleisinvoere
Die nasionale Rooivleisprodusente-organisasie van Suid Afrika (RPO) wil die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye gelukwens met die vinnige en effektiewe optrede rakende die vleisskandaal in Braziliё.
Die RPO beskou die Departement en spesifiek die Direktoraat : Veeartsenykundigedienste as ʼn belangrike vennoot van die RPO in die daarstelling van veilige vleis en vleisprodukte aan die Suid-Afrikaanse verbruiker. Dit is ook verblydend dat die twee lande se veterinêre owerhede so goed saamwerk en duidelik effektief kommunikeer. Dit is verder verblydend dat ten spyte van die staking van vleisinvoere vanaf sekere vleisverwerkers in Braziliё, die Departement opdrag gegee het dat alle vleisinvoere vanuit Braziliё by die poort van binnekoms getoets gaan word.