
- May 30, 2025
- 8:27 am
Saam met jou in elke seisoen van jou boerderyreis
IntegriSure bied meer as net versekering, dit bied ’n langtermyn-vennootskap wat in praktiese insig en werklike ervaring gewortel is. ’n Vennootskap wat begin met ’n handdruk op die land en seisoen na seisoen-groei.
Van vroeë infrastruktuur en heinings tot volledig ontwikkelde ondernemings, word pasgemaakte risikobestuur-oplossings ontwerp om boerderybedrywighede op elke vlak te ondersteun. Jou infrastruktuur. Jou toerusting. Jou vee. Ons advies.
Soos een van ons kliënte, ’n ervare boer en RPO-lid, onlangs in ’n onderhoud gesê het: “Wanneer iemand die plaas besoek, die opset sien en regtig verstaan hoe alles werk … dan weet jy dis nie net iemand wat polisse probeer verkoop nie. Hulle dink saam met die produsent.”
Dít is die IntegriSure-verskil.
Met meer as 25 jaar se ondervinding en vennootskappe met Suid-Afrika se toonaangewende versekeraars, kombineer IntegriSure nasionale kapasiteit met kliëntgefokusde diens. Kompleks boerderybedrywighede word ondersteun deur kundigheid, terwyl elke verhouding met sorg en aandag hanteer word.
As jy bel, is daar geen skakelbord-doolhof nie. Jy praat direk met ’n betroubare adviseur, wat weet wat in jou skuur is. Wat die storm onthou wat die dak afgewaai het. Wat verlede herfs jou voerkraal geloop het. Wat verstaan dat ’n beskadigde spilpunt of beseerde bul nie net ’n finansiële ongerief is nie, dis ’n onderbreking in bedrywighede. Dit is die voordeel daarvan om met professionele adviseurs te werk wat beide die dekking en die konteks verstaan.
As onafhanklike makelaar vergelyk IntegriSure verskeie produkte om dekking by werklike risiko’s te pas. Die advies is nie net reaktief nie, dit is seisoengebonde en vooruitdenkend. Of dit nou voor planttyd, kalfseisoen of gevaarlike weerstoestande is, die adviseurs bly deurentyd betrokke om seker te maak die dekking bly relevant.
’n Vennootskap met die RPO versterk hierdie benadering verder deur gespesialiseerde beskerming teen werklike uitdagings te bied, van brande en diefstal tot siekte-uitbrekings en infrastruktuurverliese, insluitend sonkrag- en besproeiingstelsels.
Namate die boerdery uitbrei neem die ondersteuning ook toe. Risikobestuurplanne word aangepas, dekking hersien, en gereelde kontak bly in plek om onnodige blootstelling te vermy wanneer dinge skeefloop. Want boerdery-ondernemings verdien meer as ’n standaardproduk, dit verdien toegewyde ondersteuning van mense wat die uitdagings verstaan.
Dít is IntegriSure. Saam deur elke seisoen, elke verbetering, elke uitdaging. Saam in elke stap van die reis. Kom ons stap dit saam.
Besoek integrisure.co.za/business vir meer inligting.